Slide background

Waarom Gameways

Wat Gameways se natuur kursusse so besonders maak is die feit dat die kursusse aangebied word deur topgehalte aanbieders wat elkeen 'n spesialis is in hulle onderskeie velde. Ons aanbieders het 'n passie vir die natuur en strewe om soveel moontlik van hulle kennis en ervaring aan studente oor te dra.

Elke student se welstand en prestasie doelwitte is vir ons belangrik en ons is altyd bereid om die ekstra myl te loop om te verseker dat ons studente hulle vooropgestelde doelwitte wel bereik. Studente word toegerus met die nodige praktiese ervaring en teoretiese kennis om met selfvertroue 'n wildplaas bestuur posisie vol te staan.

Vir ons is elke student spesiaal en hier word studente deel van die Gameways familie. Die lewenslange vriendskappe en herinneringe wat deur die loop van die kursus versamel word maak hierdie 'n eens in 'n leeftyd ervaring.

GETUIGSKRIFTE

COERT SCHALKWYK

Ek moet se die kursus was ongelooflik en dit was een van die beste besluite om die kursus te doen. Die kennus wat mens op doen kan nie beskryf word nie. En mense wat bang is om vreemde dinge aan te pak die game ways personeel laat mens so welkom voel aan die ynde voel dit soos famielie wat jy agter laat.Baie dankie aan game ways wat geleendhede soos die skep.

LJ NEL

Ek dink dit was een awesome kursus gewees, ek mis dit al klaar saam al die mense wat daar was, ek beveel dit aan vir die wat van hou van die plaas lewe en wat meer wil leer oor plaas en wild, die kennis wat jy op bou is onvergeetlik.. Dankie aan Gameways.

MADELAINE FOORD

Baie dankie aan die Gameways span wat die kursus vir my soo lekker gemaak het! Ek't baie dinge geleer, baie pret en ongelooflike ervarings daar op julle plaas gehad! .

STEHAN STRAUSS

‘n Plek waar vreemdelinge familie word,waar jou siel rus vind en waar jou toekomsplanne saam jou beplan word.

PIETER FERNS

Beste besluit om my kind te stuur om te leer van die natuur en die wild, die plaas lewe en alles wat hulle gedoen het. Dankie aan n GREAT TEAM, julle het die studente baaaaie GELEER en GOED besig gehou. MAY THE LORD BLESS YOU. GROOT DANK. WAARDE VIR GELD.

XANDER VAN WYK

Dis verseker 'n moet om die kursus by te woon , ek stel die kursus voor vir enige iemand wat van die natuur hou of wat nie heeltemal seker is of hy in die bedryf wil gaan nie maar ek belowe dit vat net 1 dag op die kursus om te weet dat dit is wat jy vir die res van jou lewe wil doen! Jy hoef nie van die plaas af te kom nie jy kan n dood gewone dorps mens wees maar na die kursus sien jy die natuur in n ander oogpunt... Ek weet nie van enige ander kursus waar die personeel jou soos familie laat voel nie dit voel glad nie of mens op n kursus is nie ...
Ek persoonlik dink die is die beste kursus wat jy kry.

Chané Eggel

Ek wil net sê dankie Oom Lourens en Tannie Isabella dit was ‘n “experience of a life time” Ek sal dit nooit vergeet nie! Ek sal altyd verlang en terug wil kom na GameWays en deel van my sal altyd daar bly. Dit het my lewe verander en al wat ek nou ooit wil doen is net in die bos wees want dis waar ‘n mens eintlik hoort. Dankie vir alles tot ons eendag weer sal ontmoet.

AJ Terblanche

More tannie ek stuur ‘n boodskap net om te sê baie dankie vir een lekker kamp waar ons so baie geleer het en nuwe familie gemaak het. Dit was een lekker kamp wat ons nooit sal vergeet nie. Ek mis julle al klaar baie! Ek en my vriende het klaar ‘n kuier gereël vir na Kersfees. Ons sal definitief kontak hou met julle. Laat weet my ook as julle hulp nodig het daar. Ek sal met graagte ‘n volunteer kom wees daar want my hart het agter gebly op daardie plaas.

Nately Mc Carogher

Wil net vir almal by GameWays dankie sê vir die geleentheid wat hulle ons kinders gebied het om hulle kennis te verbeter en hulle horisonne te verbreed. Dankie vir die geduld en verdraagsaamheid en die passie wat in julle lê om vir ons kinders dinge te leer wat hulle werklik bevoordeel. Ook van die natuur en ons kinders se toekoms. Michael het dit werklik baie geniet en ek glo dit was elke sent en die moeite werd.

MEV MARGUERITE SWANEPOEL

Liewe Lourens, Isabella en die Gameways Span. Ek wil net vir elkeen van julle ongelooflik baie dankie sê vir Quinita se week van avontuur. Ek dink nie daar is genoeg byvoeglike naamwoorde (awesome, fantasties, onvergeetlik, amazing - en so kan ek aangaan) om haar tydjie daar by julle te beskryf nie. Ek kan julle verseker dit is 'n week wat sy vir die res van haar lewe met haar gaan saamdra.

Daardie bekkie kan net nie ophou babbel nie en elke dag hoor ons net nog 'n nuwe storie. Baie dankie vir die passie en tyd wat julle met soveel liefde in ons kinders belê het. Quinita het vriendskappe gesmee wat haar nog baie lank gaan bybly en ek verseker julle dat elkeen van julle vingerafdrukke in haar hart gelaat het wat niemand sal kan uitwis nie.
Dankie vir julle bydra om haar nog 'n tree nader aan haar lewensdroom te bring. Mag julle passie van krag tot krag gaan en ek bid dat geluk en voorspoed julle metgeselle sal wees in alles wat julle aanpak en dat julle uit julle sokkies geseën sal word. Liefde.

MNR STEFAN FOURIE

Ek het vandag vir Jeandre gaan haal. Hy is baie gelukkig met alles wat gebeur het. Hy het baie nuwe vriende gemaak en baie geleer. Ek wil hierdie kursus vir almal wat hulle kinders wil stuur, baie sterk aanbeveel. Dit was vir hom 'n great leer skool. Ons kyk nou foto’s. Hy is opgewonde oor alles wat gebeur het. Dit is professioneel aangebied. Dit is nie dis soos baie (fly by night) kursusse nie. Jeandre is al van kleins af bloot gestel aan veldskool tipe kursusse.

Hy het baie geleer. Ons het nie geweet wat hy na matriek wil doen nie maar na hierdie kursus is sy pad wat hy wil loop meer gefokus. Ek wil vir Lourens en Isabella van Coppenhagen bedank vir die manier waarop hulle my kind laat voel het soos een van hulle sin. My seun is baie gelukkig. Ek bid vir julle voorspoed toe in julle toekomstige kursusse. Julle is plat op die aarde mense wat omgee (Jeandre se woorde) Die kursus was “Excellent” en elke sent werd. Die kinders kom groot mense terug.

WERNER SCHEEPERS

Die kursus was die beste besluit wat ek ooit kon neem! Die kennis wat ek opgebou het is van onskatbare waarde! As jy ‘n liefde vir die natuur het, beveel ek die kursus aan vir enigiemand wat sy kennis wil opbou! Fantastiese mense, fantastiese inligting. Beslis ‘n regmerkie op my bucket list gewees!

MARTIN PRETORIUS

Gameways is ‘n moet gaan!!! Ek het daar gekom met geen kennis nie en daar uitgestap met meer kennis as wat ek gedink het ek sal in kry. Oom Lourens en die GameWays span, baie dankie vir die lekker tye en kennis wat oom hulle vir ons geleer het. Ek sal aanbeveel dat ander mense vinnig ‘n “booking” moet maak.

ELMARYN du PLESSIS

Dit was die lekkerste week van my lewe! Ek sal dit nooit vergeet nie. Baie nuwe dinge geleer en gedoen. Die mense is so vriendelik, voel amper soos familie. Ons groep was ‘n baie lekker groep. Mis julle almal xx

QUINITA SWANEPOEL

Die BESTE plek waar jy kan gaan. Die beste mense en die beste belewenis. 'n Ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Dankie aan GameWays!

DANIE BOOYSEN

‘n Fantastiese ervaring vol avontuur! Die kos is baie lekker. Die kursus help baie om eendag te besluit wat jy wil doen. Almal is vriendelik. Mense wat vriende op die kursus was het familie geword.
Baie Dankie GameWays vir ‘n fantastiese ervaring wat ek nooit sal kan vergeet nie.

FANIE van ECK

Ontsaglike lekker ervaring gewees! Mens word familie en oom Lourens en tannie Isabella is soos ‘n pa en ma. Mens kry nie n beter mentor as oom Sydney nie en ‘n beter kok as tannie Ragel nie. Dit was baie lekker en mis als en almal al klaar weer.

JUAN-DRE HOUGH

Dit was ‘n great Kursus. Baie dankie aan almal wat dit so amazing gemaak het.. Dit was regtig ‘n belewenis en dit kry jou kop op die regte pad in die tiepe beroep waarin jy wil gaan. Dit het my definitief gehelp die regte besluit te maak en ek sal dit aanbeveel aan almal wat hulle kennis in die natuur wil versterk. Dit is die beste kursus ooit!

NELLIEN SCHUTTE

Fantastiese ondervinding! Hope pret saam met kennis wat mens nie maklik op ‘n ander plek sal kry nie.

COLLEEN WOLMARANS

Sjoe , waar begin mens? My pa sou altyd se, seker by die begin my kind... Nou ja..... laat ek begin....
Ek het by Gameways aangekom vir my Wildsplaasbestuur kursus, baie senuweeagtig en skrikkerig, seker oor ek al n paadjie gestap het wat my ouderdom betref, en soos van die ander ouens gedink het ek is die mamma wat haar dogter met die cruiser kom aflaai, oor haar Prado in die stoor staan... haha toe nou nie! Toe is ek een van die "studente" wat ook graag my droom wil leef en meer kennis opdoen van die natuur.

Ek het nie veel kennis gehad nie, darem nie dat ek niks geweet het nie, maar nog steeds. Ek het half stupid en uit gevoel tussen die jong klomp. Die kennis wat ek opgebou het by oom Sidney is van ongelooflike waarde, ek het soveel by hom geleer, hy is voorwaar n fantastiese man om na op te kyk, n voorbeeld vir elke jong mens daar buite wat dors is vir kennis oor die natuur, dit was meer as amazing om na hom te luister en te leer wat hy weet van die natuur. Ek het elke oomblik in verbasing na sy kennis en stories geluister. Ek sal seker altyd aan hom dink as ek n Sclerocarya birrea caffra (Maroelaboom) sien! Ek het drome gehad oor al daai wetenskaplike name vir die bome! Oom Sidney, ek kon nie genoeg dankie se vir als nie, ek sal vir altyd onthou wat ek geleer het by oom! Baie dankie!

Lourens en Isabella.... watse uitsonderlike mense is julle nie! Ai, ek het so lief geraak vir julle, julle is die gom wat Gameways bymekaar hou! Julle passie vir dit wat julle doen het my party dae verstom, ek sit my beste hoed op, dan haal ek hom af vir julle twee mense! Julle is kick-ass hoor! Don't ever change! Hou aan wat julle doen, jul sukses spreek vanself in jul werk! Vissie en Angie.... julle twee pragtige meisies, dankie dankie dankie vir al jul geduld met ons, dankie vir die saam lag, en al die Plays by die snoepie, en jul kennis wat jul ook met ons gedeel het, bly altyd so pragtig en so mooi voorbeeld vir jong mense ❤ Ek het met my bietjie kennis op Gameways aangekom en ek is na 3 weke daar weg met baie meer as net kennis oor die natuur.... ek is weg met soveel meer, ek het die beste vriende ooit gemaak waarvoor enigiemand kan vra, opregte, 'genuine' vriende. Vriende wat saam jou gelag en gehuil het, vriende wat jou gemotiveer het as die velange huis toe te veel was, vriende wat koffie en bar-one's en Play aangedra het as die nagte te lank was en die leerwerk baie, vriende met wie jy n toekomspad kan stap, dis vriende wat ek vir altyd sal koester in my hart en elke memory oor en oor herleef as die verlange erg raak.
Ek het n stukkie van my hart op Gameways agter gelaat, dit was die beste tyd en beste leerskool wat ek al ooit gehad het! Gameways sal in my bloed bly en deur my are bruis, ek is trots om te se ek is deel van die Gameways familie en ek sal met groot vrymoedigheid in my hart enigeen aanbeveel wat sy/haar liefde vir die natuur wil uitleef! God het immers vir ons moeder aarde gemaak om op te pas en na te kyk, en met kennis wat jy opdoen kan jy na ons aarde kyk na die beste van jou vermoë! Gameways.... julle is fantasties! Dankie vir elkeen wat my tyd daar onvergeetlik gemaak het! Ek het jul lief gekry elkeen op sy eie unieke manier...☺❤

COLLEEN WOLMARANS

MEV ELIZMA SAXON

Hi Isabella.
Ek het die teorie wat tydens die kursus behandel is, gelees -en ek is beïndruk! Dis ‘n omvattende veld met intensiewe inligting wat in so ‘n kort tydperk gedek en behandel word. Hierdie kennis en ondervinding kan beslis tot elke individu wat die kursus bywoon, se voordeel strek. Dankie vir die beplanning en opoffering wat julle gedoen het om hierdie kursus vir my kind moontlik te maak.

Hy sal beslis die kennis wat hy by julle opgedoen het, weer kan toepas -selfs ook van die kennis in ander aspekte van boerdery . Mag julle onderneming van krag tot krag gaan en mag julle baie voorspoedig wees.Xxx

Elizma Saxon

ANKA VAN ROOYEN

“Wat 'n voorreg om die sertifikaat te kon ontvang. Game Ways julle was goed vir my!

Oh my woord, dié was een gatskop kursus gewees. Ek het goeie mense ontmoet. Ek het vriende, familie gemaak. Ek het herinneringe gemaak. Maar die belangrikste van alles is dat ons weer kon waardeur wat ons werklik het. Julle is binne my hart uit gekerf.

Saam gehuil en saam gelag, maar meeste van alles is dat ons saam hierdie dinge kon aanpak. Liefde is 'n groot woord, maar lief geraak is nie die woorde vir julle nie. Iets groter is. Hierdie besluit was dalk een van die beste besluite nog gewees.

Julle is great en julle persoonlikhede is absoluut iets om oor te praat! Ek het 'n baie belangrike les geleer op hierdie kursus, en dit is om deur ander mense raak te sien wat ek eintlik voor moet dankbaar wees en hoe jy in jouself moet glo. Die goed wat gesê was deur hierdie kursus is iets om saam te vat vir die res van jou lewe.”

WERNER KRUIS JNR

“Beslis die beste Wildsplaasbestuur Kursus wat daar is!! Dit was ‘n amazing belewenis en het baie geleer.

Dis rêrig 'n baie goeie kursus Jy leer baie in verskillende rigtings, alles wat te doen het met 'n wildsplaas”

ROUXNETTE ELS

“Julle weet Janroux Els het elke oomblik geniet. Baie dankie vir julle wat hul so mooi touwys gemaak het. Ek weet dit was 'n wonderlike ervaring vir hom!”

RONEL ROCHER

“Hierdie kursus is regtig 'n moet, baie leer saam (leersaam). My seun het die kursus nou Maart-April 2017 bygewoon, hy het dit baie geniet. Goeie ondervinding op gedoen. Baie dankie vir Lourens en Isabella vir hierdie geleentheid.”

HANNES EN ADRUHETTE VAN SCHALKWYK

Hi Isabella en res van die GameWays span! Hier waar ek as mamma van ‘n jongman nou sit en die foto’s deurkyk van wat hul alles by die GameWays Junior Kursus gedoen het. Het ek besef al moes ons ‘n paar dinge opgee om hom daar te kry en al is ons voertuig se km’s nou ‘n volle 2000km hoër, was dit deur en deur die moeite werd. Handro is ‘n ander mens. Hy het ‘n rustigheid in sy gees, hy is vol lewenslus en hy het groot geword en kan nie ophou vertel van als wat hulle daar gedoen en geleer het nie. Die selfoon piep sonder ophou soos hy en sy nuwe maats gesels en mekaar se lewens deel.
Soms wonder mens want jy hoor van soveel dinge van kursusse wat nie is wat belowe word nie, maar ek kan vir julle die grootste goue ster gee! Elke liewe foto is een van julle by die kinders om hulle te ondersteun, help of sommer net saam met hulle te lag oor nonsense wat hulle aanvang. En om van die kos nie eens te praat nie……… My kind eet na nou glad pap!! En as ek nou nog een keer moet hoor van die lekker “muffins” wat die tannie bak!
Gameways al wat ek kan se is julle het ons wildste verwagtinge oortref. Baie baie dankie vir al jul moeite met die kinders, julle het voorwaar memories gemaak wat NOOIT vergeet sal word nie!
Groete en baie liefde vanuit die Noordkaap. Hannes en Andruhette van Schalkwyk

GESTUIGSKRIF VIDEO

Hierdie video is gemaak gedurende 'n onderhoud met Chimone Havenga van Thabazimbi. Luister gerus wat Chimone te sê gehad het gedurende haar kursus.


Laai 'n aansoek vorm af, deur op die skakel te klik.

Klik hier om af te laai

"Too many of us are not living our dreams because we are living our fears" - Les Brown