Slide background

GAMEWAYS OPLEIDINGSENTRUM

Geleë in die hartjie van die beeldskone Limpopo bosveld sowat 40 km vanaf Lephalale (Ellisras) sal julle ons vind. Hier word mede-natuurliefhebbers met ope arms verwelkom en beloof om aan elkeen 'n onvergeetlike ervaring te bied. Studente word gehuisves in die gemak van 'n pragtige opleidings fasiliteit wat oor al die geriewe beskik om te verseker dat studente hulle volle potensiaal kan bereik.

Gameways se opleidings sentrum bied verfrissende swembaddens, 'n ontspannings lokaal, 'n groot eetsaal waar ons professionele kok gebalanseerde etes aan ons studente voorsit en 'n lesings lokaal waar teoretiese kennis aangebied sal word.

Gameways bied ook aan ons studente 'n 2000 ha plaas waarop verskeie praktiese aktiwiteite uitgevoer word. Natuur liefhebbers kan hulself voorberei om elke oggend in die skoonheid van die natuur te begin. Hulle kan verseker wees dat hulle nie op enige indrukwekkende natuur verskynsels gaan uit mis nie.

AANWYSINGS NA GAMEWAYS

Adres: Plaas Dwars-In-De-Weg 289LQ, Steenbokpan, Limpopo Provinsie

Posadres: Suite 4, Postnet Lephalale, Cnr Joe SLovo & Drift Street, Private Bag X7501, Onverwacht, 0557

“Choose a job you love, and you will never have to work a day in your life.” - Confucius