Slide background

NATUUR BEROEPS KURSUS


By GameWays het ons gevind dat studente wat 'n beroep in die natuur wil volg, onseker is oor presies watter beroep hulle moet kies en wat elke beroep behels. Ons antwoord daarop is die Junior Natuur Beroeps Kursus. Gedurende hierdie kursus probeer ons studente die nodige inligting en blootstelling gee aan 'n hele paar natuur beroepe. Hierdie beroepe sluit in:

  • Wildplaasbestuur
  • Natuurbewaarder
  • Professionele Jagter en Jag Ondernemers Veldgids
  • Toergids
  • Lodge bestuur
  • Wildvanger
  • Wild Helikopter Vlieënier
  • Wild Veearts
  • Wild veearts Assistent
  • Teen-Wildstropery (Anti Poaching)

Studente sal hierna makliker 'n beroeps besluit kan neem en hulle sal oor die nodige kennis beskik om te weet presies wat elke beroep sal vereis en wat die voorvereistes is om vir so beroep te studeer. Ons sal ook die opleidings tydperke en koste bespreek. Gedurende die kursus sal ons ook 'n persoonlikheid analise doen en 'n aanbeveling maak in watter beroep ons voel die student sal uitblink.

NATUUR BEROEP KURSUS VIDEO


Laai ‘n aansoek vorm af, deur op die skakel te klik.

Klik hier om af te laai